Top Kleuterskool in Hermanus

KLEUTERSKOOL REGISTRASIE

Word deel van die Kleuterkampus familie

SLUIT AAN BY KLEUTERKAMPUS HERMANUS

Kleuterkampus Hermanus bied klasse en programme vir kleuters vanaf 18 maande tot 5 jaar oud. Klein klassies, individuele aandag en ‘n warm, huislike atmosfeer vorm die hart van ons benadering.

FOOIE EN SKOOLURE

HALFDAG

07h00 – 12h30

R3 400 per maand

Registrasiefooi: R900 (eenmalig)

VOLDAG

07h00 – 16h00

R4 000 per maand

Registrasiefooi: R900 (eenmalig)

Ons fooie sluit gebalanseerde maaltye (ontbyt, middagete en middaghappie), opvoedkundige materiaal, en ‘n gestruktureerde daaglikse leerprogram in.

Vakansieskool is teen ‘n aparte fooi van R60 per kind, per dag, beskikbaar.

HOE OM AANSOEK TE DOEN

  1. Voltooi die vorm hieronder, of kontak ons by admin@kleuterkampus.co.za, of 083 282 2000
  2. Ons span kontak jou om beskikbaarheid en volgende stappe te bespreek
  3. Ons reel dan ‘n afspraak om Hermanus Kleuterkampus te besoek, sodat ouers kan sien of ons die regte pas vir julle kind is
  4. Indien so, voltooi registrasie en betaal die eenmalige registrasiefooi
  5. Welkom by die Kleuterkampus-familie!

WOORDE UIT OUERHARTE

Getuienisse van gelukkige kleuter-ouers.

Kleuterkampus is nie net ‘n skooltjie vir kreatiewe spel en baie pret vir die kinders nie. Dis ‘n plek waar elke kind se uniekheid aangemoedig word met liefde en deernis. Ek sal die skooltjie vir enige ouer aanbeveel. Die span is uitmuntend en die kinders gelukkig.

Suzelle V

Wonderlike skool met ongelooflike onderwysers en personeel. Wat ’n perfekte omgewing vir die vormingsjare van ons dogter. Ons kon nie gelukkiger gewees het nie. Welgedaan!

Pappa van Kyli

Hierdie skool is ’n absolute skat! Die onderwysers is werklik wonderlik — omgee, toegewyd en passievol oor wat hulle doen. Hulle laat elke kind gewaardeer, geliefd en raakgesien voel vir wie hulle is. My seun is absoluut mal daaroor om elke oggend skool toe te gaan, wat boekdele spreek! Die omgewing is koesterend, vol vreugde en leer, en dit voel regtig soos ’n tweede tuiste.

Anja K

As ’n ma het dit vir my alles beteken om ’n plek te hê waar ek geweet het my kind is veilig en versorg. Ek het gevoel ek kan hulle vertrou om geduldig te wees en my dogter die ruimte te gee om haar plek te vind, al was dit net vir ’n kort rukkie. Sy het ’n wonderlike tyd gehad en ek kan hierdie klein dagsorg met sy gesinsatmosfeer nie genoeg aanbeveel nie.

Chantal W

My kinders is mal oor die onderwysers en die skool.❤️

Bianca J

Ons 3-jarige seun gaan elke dag met soveel opgewondenheid na Kleuterkampus Hermanus! Die juffrouens is ongelooflik liefdevol, geduldig en toegewyd – dit is duidelik dat hulle regtig omgee vir elke kind. Die leeromgewing is veilig, skoon en kreatief, met baie geleenthede vir ontdekking en speel. Ek kan Kleuterkampus Hermanus van harte aanbeveel aan enige ouer wat ’n veilige en stimulerende plek vir hul kleuter soek!nde plek vir hul kleuter soek!

Marcia V

Ons is baie lief vir Kleuterkampus. Die juffrouens is professioneel en sorgsaam, die omgewing is veilig en stimulerend, en hulle leer elke dag iets nuuts deur speel. Ek sal hulle hoogs aanbeveel vir enige ouer wat ’n goeie begin vir hul kleuter wil hê.

Mercia N

Ongelooflike omgee, liefdevolle personeel. Dankie vir al die gereelde terugvoer en fotos van ons kindertjies se leerproses en speeltye.

Adél D

Topklas. Loshande die beste wat daar is

Wihan J

GEREELDE VRAE

Hoeveel kos kleuterskool by Kleuterkampus Hermanus?

Halfdag (07:00–12:30) kos R3 400 per maand; voldag (07:00–16:00) kos R4 000 per maand.

Ja, ‘n eenmalige, nie-terugbetaalbare registrasiefooi van R900.

Vanaf 18 maande tot 5 jaar, verdeel in vier ouderdomsgepaste klasse.

Ja, ontbyt, middagete en middaghappie (voldag) is ingesluit.

Ja, teen R60 per kind per dag, apart van maandelikse skoolfooie.

KONTAK ONS

Kontak ons asseblief vir enige navrae, verdere inligting of om ‘n besoek aan Hermanus Kleuterkampus te reel.

Scroll to Top