Top Kleuterskool in Hermanus

GEREELDE VRAE

Antwoorde op die vrae wat ouers gereeld vra

NUTTIGE INLIGTING

Kyk gerus na die gereelde vrae, en kontak ons asseblief met enige verder navrae.

OOR KLEUTERKAMPUS HERMANUS

Is Kleuterkampus Hermanus 'n geregistreerde kleuterskool?

Ja, Kleuterkampus Hermanus is goud-geregistreer by die Departement van Onderwys.

Ja, ons is ‘n Christelike kleuterskool en ons norme en waardes is op die Bybel gegrond.

Ons is geleë in Magnolia Straat, Hermanus, en bedien gesinne in Hermanus en die omliggende voorstede soos Voëlklip, Onrus, Vermont en Sandbaai.

Ons kombineer klein klassies, individuele aandag en ‘n speel-gebaseerde leerbenadering binne ‘n warm, Christelike omgewing.

KLASSE EN OUDERDOMME

Vanaf watter ouderdom kan my kind by Kleuterkampus begin?

Vanaf 18 maande oud, verdeel in vier ouderdomsgepaste klasse: Krappieklas (18 maande–2 jaar), Seeskilpadklas (2–3 jaar), Dolfynklas (3–4 jaar) en Pikkewynklas (4–5 jaar).

Ons hou ons klasse doelbewus klein, met ongeveer 8 kleuters per klas, sodat elke kind individuele aandag kry.

Nie op die oomblik nie. Ons is tans in die proses om vir Graad R te registreer.

Naas ons daaglikse leerprogram doen ons ‘n verskeidenheid aktiwiteite, van musiek en beweging, kuns, bak en brou to instappies en poppekas. Ons bied ook Monkeynastix, Playball, Rugga Roots, Dance Dreams en Little Readers aan.

SKOOLURE EN DAAGLIKSE ROETINE

Wat is Kleuterkampus se skoolure?

Maandae tot Vrydae, 07:00 tot 16:00. Halfdag (07:00–12:30) en voldag (07:00–16:00) opsies is beskikbaar.

Ja, ontbyt, middagete en middaghappie (voldag) is by ons maandelikse fooie ingesluit. Ouers voorsien ‘n klein versnapering vir happietyd.

Ja, ons bied ‘n vakansieskool tydens skoolvakansies aan teen R60 per kind per dag.

Ja. Ons doen vryspel onder toesig en leiding van ons toeegewyde personeel.

FOOIE EN REGISTRASIE

Hoeveel kos kleuterskool by Kleuterkampus Hermanus?

Halfdag (07:00–12:30) kos R3 400 per maand; voldag (07:00–16:00) kos R4 000 per maand.

Ja, die registrasiefooi is R900.

Kontak ons om ‘n besoek aan die kleuterskool te reel. As ons die regte pas vir jou kind is voltooi ons die nodige aansoekvorms vir registrasie.

Ons vakansieskool vir kleuters is gewild – registreer so vinning moontlik om ‘n pret-plek vir jou kleuter te verseker.

WOORDE UIT OUERHARTE

Getuienisse van gelukkige kleuter-ouers.

Kleuterkampus is nie net ‘n skooltjie vir kreatiewe spel en baie pret vir die kinders nie. Dis ‘n plek waar elke kind se uniekheid aangemoedig word met liefde en deernis. Ek sal die skooltjie vir enige ouer aanbeveel. Die span is uitmuntend en die kinders gelukkig.

Suzelle V

Wonderlike skool met ongelooflike onderwysers en personeel. Wat ’n perfekte omgewing vir die vormingsjare van ons dogter. Ons kon nie gelukkiger gewees het nie. Welgedaan!

Pappa van Kyli

Hierdie skool is ’n absolute skat! Die onderwysers is werklik wonderlik — omgee, toegewyd en passievol oor wat hulle doen. Hulle laat elke kind gewaardeer, geliefd en raakgesien voel vir wie hulle is. My seun is absoluut mal daaroor om elke oggend skool toe te gaan, wat boekdele spreek! Die omgewing is koesterend, vol vreugde en leer, en dit voel regtig soos ’n tweede tuiste.

Anja K

As ’n ma het dit vir my alles beteken om ’n plek te hê waar ek geweet het my kind is veilig en versorg. Ek het gevoel ek kan hulle vertrou om geduldig te wees en my dogter die ruimte te gee om haar plek te vind, al was dit net vir ’n kort rukkie. Sy het ’n wonderlike tyd gehad en ek kan hierdie klein dagsorg met sy gesinsatmosfeer nie genoeg aanbeveel nie.

Chantal W

My kinders is mal oor die onderwysers en die skool.❤️

Bianca J

Ons 3-jarige seun gaan elke dag met soveel opgewondenheid na Kleuterkampus Hermanus! Die juffrouens is ongelooflik liefdevol, geduldig en toegewyd – dit is duidelik dat hulle regtig omgee vir elke kind. Die leeromgewing is veilig, skoon en kreatief, met baie geleenthede vir ontdekking en speel. Ek kan Kleuterkampus Hermanus van harte aanbeveel aan enige ouer wat ’n veilige en stimulerende plek vir hul kleuter soek!nde plek vir hul kleuter soek!

Marcia V

Ons is baie lief vir Kleuterkampus. Die juffrouens is professioneel en sorgsaam, die omgewing is veilig en stimulerend, en hulle leer elke dag iets nuuts deur speel. Ek sal hulle hoogs aanbeveel vir enige ouer wat ’n goeie begin vir hul kleuter wil hê.

Mercia N

Ongelooflike omgee, liefdevolle personeel. Dankie vir al die gereelde terugvoer en fotos van ons kindertjies se leerproses en speeltye.

Adél D

Topklas. Loshande die beste wat daar is

Wihan J

KONTAK ONS

Kontak ons asseblief vir enige navrae, verdere inligting of om ‘n besoek aan Hermanus Kleuterkampus te reel.

Scroll to Top