Top Kleuterskool in Hermanus

KLASSE EN PROGRAMME

Kwaliteit voorskoolse onderwys in 'n warm, koesterende en stimulerende omgewing

VOORSKOOLSE ONDERRIG IN KLEIN KLASSIES

Kleuterkampus Hermanus bied klasse en programme vir kleuters vanaf 18 maande tot 5 jaar oud. Klein klassies, individuele aandag en ‘n warm, huislike atmosfeer vorm die hart van ons benadering.

INDIVIDUELE AANDAG, LIEFDEVOLLE SORG

Ons klein klassies — sowat 8 kleuters per klas — verseker dat elke kind individuele aandag en liefdevolle sorg ontvang, ouderdomsgepas ontwerp vir elke fase van hul ontwikkeling.

🦀 Krappieklas — 18 maande tot 2 jaar
Sensoriese spel, beweging, musiek, taalontwikkeling en ontdekking vorm die hart van hierdie klas, terwyl ons kleinstes hul wêreld op hul eie tempo verken.

🐢 Seeskilpadklas — 2 tot 3 jaar
Fokus op taalontwikkeling, selfstandigheid en sosiale vaardighede, saam met growwe- en fynmotoriese ontwikkeling deur speel-gebaseerde aktiwiteite.

🐬 Dolfynklas — 3 tot 4 jaar
‘n Gestruktureerde program met tema-aktiwiteite, kreatiewe werk, beweging, taal en vroeë syfervaardigheid.

🐧 Pikkewynklas — 4 tot 5 jaar
‘n Gestruktureerde skoolgereedheidsprogram wat kleuters voorberei vir ‘n suksesvolle oorgang na formele skool.

ONS LEERBENADERING

Ons kurrikulum fokus op ses kernareas van ontwikkeling:

  • Taal en geletterdheid
  • Vroeë wiskundige ontwikkeling
  • Fisieke ontwikkeling
  • Kreatiewe ontwikkeling
  • Persoonlike en sosiale ontwikkeling
  • Ontdekking van die wêreld rondom ons

Speel is vir ons kleuters die primêre instrument waarmee hulle hul wêreld en hulself ontdek en verken — daarom bly speel altyd kern tot ons onderrig, nooit los daarvan nie.

'N DAG BY KLEUTERKAMPUS

‘n Tipiese dag by Kleuterkampus volg ‘n liefdevolle, voorspelbare roetine:

  • Aankoms en vryspel
  • Ontbyt (08:30)
  • Bybel en kringtyd
  • Gerigte leeraktiwiteite
  • Happietyd (09:45)
  • Buitespel
  • Kreatiewe en sensoriese aktiwiteite
  • Middagete (11:45)
  • Storietyd
  • Rustyd
  • Middaghappie (14:15, voldag)
  • Vryspel

Gebalanseerde maaltye — ontbyt, middagete en middaghappie — is by ons fooie ingesluit.

SKOOLURE

HALFDAG

07h00 – 12h30

R3 400 per maand

Registrasiefooi: R900 (eenmalig)

VOLDAG

07h00 – 16h00

R4 000 per maand

Registrasiefooi: R900 (eenmalig)

AKTIWITEITE

Naas ons daaglikse leerprogram geniet ons kleuters gereeld:

  • Musiek- en bewegingsklassies
  • Kuns- en kreatiewe aktiwiteite
  • Bak en brou
  • Instappies (bv. brandweer, hondevertonings)
  • Poppekasvertonings
  • Tema- en pretdae regdeur die jaar
  • Monkeynastix
  • Playball
  • Rugga Roots
  • Dance Dreams
  • Little Readers

VAKANSIESKOOL

Kleuterkampus se vakansieskool bied ‘n ontspanne, pret-gevulde program buite die skoolkwartaal — met bak-en-brou, sensoriese spel, waterspel, kuns en temas, sonder die druk van ‘n formele kurrikulum.

VAKANSIESKOOL DATUMS
  • 27 Maart (skool sluit 11:00) · 30 Maart – 3 April (5 dae)
  • 26 Junie (skool sluit 11:00) · 29 Junie – 10 Julie (10 dae)
  • 23 September (skool sluit 11:00) · 28 September – 1 Oktober (4 dae)
  • 9 Desember (skool sluit 11:00) · 10 – 11 Desember (2 dae)

Ouers ontvang voor elke vakansie ‘n besprekingsvorm om die dae wat hul kind sal bywoon, aan te dui. Bespreekte dae is betaalbaar.

R60 per kind per dag

WOORDE UIT OUERHARTE

Getuienisse van gelukkige kleuter-ouers.

Kleuterkampus is nie net ‘n skooltjie vir kreatiewe spel en baie pret vir die kinders nie. Dis ‘n plek waar elke kind se uniekheid aangemoedig word met liefde en deernis. Ek sal die skooltjie vir enige ouer aanbeveel. Die span is uitmuntend en die kinders gelukkig.

Suzelle V

Wonderlike skool met ongelooflike onderwysers en personeel. Wat ’n perfekte omgewing vir die vormingsjare van ons dogter. Ons kon nie gelukkiger gewees het nie. Welgedaan!

Pappa van Kyli

Hierdie skool is ’n absolute skat! Die onderwysers is werklik wonderlik — omgee, toegewyd en passievol oor wat hulle doen. Hulle laat elke kind gewaardeer, geliefd en raakgesien voel vir wie hulle is. My seun is absoluut mal daaroor om elke oggend skool toe te gaan, wat boekdele spreek! Die omgewing is koesterend, vol vreugde en leer, en dit voel regtig soos ’n tweede tuiste.

Anja K

As ’n ma het dit vir my alles beteken om ’n plek te hê waar ek geweet het my kind is veilig en versorg. Ek het gevoel ek kan hulle vertrou om geduldig te wees en my dogter die ruimte te gee om haar plek te vind, al was dit net vir ’n kort rukkie. Sy het ’n wonderlike tyd gehad en ek kan hierdie klein dagsorg met sy gesinsatmosfeer nie genoeg aanbeveel nie.

Chantal W

My kinders is mal oor die onderwysers en die skool.❤️

Bianca J

Ons 3-jarige seun gaan elke dag met soveel opgewondenheid na Kleuterkampus Hermanus! Die juffrouens is ongelooflik liefdevol, geduldig en toegewyd – dit is duidelik dat hulle regtig omgee vir elke kind. Die leeromgewing is veilig, skoon en kreatief, met baie geleenthede vir ontdekking en speel. Ek kan Kleuterkampus Hermanus van harte aanbeveel aan enige ouer wat ’n veilige en stimulerende plek vir hul kleuter soek!nde plek vir hul kleuter soek!

Marcia V

Ons is baie lief vir Kleuterkampus. Die juffrouens is professioneel en sorgsaam, die omgewing is veilig en stimulerend, en hulle leer elke dag iets nuuts deur speel. Ek sal hulle hoogs aanbeveel vir enige ouer wat ’n goeie begin vir hul kleuter wil hê.

Mercia N

Ongelooflike omgee, liefdevolle personeel. Dankie vir al die gereelde terugvoer en fotos van ons kindertjies se leerproses en speeltye.

Adél D

Topklas. Loshande die beste wat daar is

Wihan J

SLUIT BY DIE KLEUTERKAMPUS FAMILIE AAN

Doen vandag nog navraag, of laai ons Inligtingsgids af om meer oor Kleuterkampus Hermanus te ontdek.

GEREELDE VRAE

Vanaf watter ouderdom kan my kind by Kleuterkampus begin?

Vanaf 18 maande oud, verdeel in vier ouderdomsgepaste klasse tot en met 5 jaar: Krappieklas, Seeskilpadklas, Dolfynklas en Pikkewynklas.

Ons hou ons klasse doelbewus klein, met ongeveer 8 kleuters per klas, sodat elke kind individuele aandag kry.

Ons skoolure is Maandae tot Vrydae, 07:00 tot 16:00. Halfdag (07:00–12:30) en voldag (07:00–16:00) opsies is beskikbaar.

Ja, ontbyt, middagete en middaghappie (voldag) is by ons maandelikse fooie ingesluit.

Ja, ons bied ‘n vakansieskool tydens skoolvakansies aan teen R60 per kind per dag.

KONTAK ONS

Kontak ons asseblief vir enige navrae, verdere inligting of om ‘n besoek aan Hermanus Kleuterkampus te reel.

Scroll to Top