Waar groot drome klein begin

KLEUTERKAMPUS HERMANUS

Hier voel klein mensies veilig, word geliefd en leer met vreugde

OOR KLEUTERKAMPUS HERMANUS

Kleuterkampus is ‘n Hermanus kleuterskool waar ons ouers deel maak van ‘n “vat hande”-benadering, om saam met ons liefdevolle en professionele span ‘n verhouding van vertroue, sorg en toewyding te kweek.

Ons is ‘n Christelike skool en ons norme en waardes is op die Bybel gegrond. Ons ervaar daagliks God se liefde en Sy seën op ons skool.

Ons is trots goud-geregistreer by die Departement van Onderwys, en ons professionele span spesialiseer in kleuters van 18 maande tot 5 jaar.

ONS FILOSOFIE

Ons glo die eerste jare van ‘n kind se lewe is kosbaar. Daarom skep ons ‘n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing waarin elke kleuter kan ontwikkel — teen sy of haar eie pas.

Ons fokus nie net op wat ‘n kind leer nie, maar ook op hoe hulle voel, speel, groei en hulself ontdek. Klein klassies, individuele aandag en ‘n warm, huislike atmosfeer is die hart van alles wat ons doen.

By Kleuterkampus Hermanus is jou klein mensie in goeie hande!

KLEUTERSKOOL KLASSE

Ons klein klassies — sowat 8 kleuters per klas — verseker dat elke kind individuele aandag en liefdevolle sorg ontvang, ouderdomsgepas ontwerp vir elke fase van hul ontwikkeling.

🦀 Krappieklas — 18 maande tot 2 jaar

🐢 Seeskilpadklas — 2 tot 3 jaar

🐬 Dolfynklas — 3 tot 4 jaar

🐧 Pikkewynklas — 4 tot 5 jaar

WAAROM KLEUTERKAMPUS HERMANUS?

WOORDE UIT OUERHARTE

Kleuterkampus is nie net ‘n skooltjie vir kreatiewe spel en baie pret vir die kinders nie. Dis ‘n plek waar elke kind se uniekheid aangemoedig word met liefde en deernis. Ek sal die skooltjie vir enige ouer aanbeveel. Die span is uitmuntend en die kinders gelukkig.

Suzelle V

Wonderlike skool met ongelooflike onderwysers en personeel. Wat ’n perfekte omgewing vir die vormingsjare van ons dogter. Ons kon nie gelukkiger gewees het nie. Welgedaan!

Pappa van Kyli

'N DAG BY KLEUTERKAMPUS

'n Tipiese dag vol speel, leer en vreugde

AKTIWITEITE

Hoe ons leer en speel

VAKANSIESKOOL

Gevul met pret buite die skoolkwartaal

SLUIT BY DIE KLEUTERKAMPUS FAMILIE AAN

Doen vandag nog navraag, of laai ons Inligtingsgids af om meer oor Kleuterkampus Hermanus te ontdek.

GEREELDE VRAE

Vanaf watter ouderdom kan my kind by Kleuterkampus Hermanus begin?

Ons aanvaar kleuters vanaf 18 maande oud, verdeel in vier ouderdomsgepaste klasse tot en met 5 jaar.

Ja, Kleuterkampus Hermanus is goud-geregistreer by die Departement van Onderwys.

Ja, ons is ‘n Christelike kleuterskool en ons norme en waardes is op die Bybel gegrond.

Ons hou ons klasse doelbewus klein, met ongeveer 8 kleuters per klas, sodat elke kind individuele aandag kry.

Ons is geleë by Magnolia Straat, Hermanus, en bedien gesinne in Hermanus en die omliggende voorstede soos Voëlklip, Onrus, Vermont en Sandbaai.

KONTAK ONS

Kontak ons asseblief vir enige navrae, verdere inligting of om ‘n besoek aan Hermanus Kleuterkampus te reel.

Scroll to Top